'n Nuwe dag

Day 503, 19:55 Published in South Africa Brazil by South African Party
(For English, click here)

Eerste dinge eerste
Die South African Party wil graag hiermee ons president gelukwens met sy herverkiesing. Hy was uitmuntend in sy eerste termyn, en dit het nie ongesiens verbygegaan nie. Ons sien daarna uit om met President Jizzie saam te werk, asook saam met elke Suid-Afrikaner, om ons land sterker, veiliger en sexier te maak.

Beplanning
Sedert ons party se totstandkoming 'n paar weke gelede, het die SAP alreeds 'n aantal baie ervare en entoesiastiese lede gelok. Hulle het dadelik begin om die nodige strukture te skep om ons party reg te bestuur, ons beplande programme van die grond af te kry en om ons pragtige land te help opbou.

Raak betrokke
Soos wat hierdie programme aan die gang kom, sal jy meer daarvan hoor hier in the SAP Gazette. Intussen nooi ons JOU om betrokke te raak by ons forum http://z8.invisionfree.com/South_Africa_Party/index.php. Ons party se Manifes kan daar gevind word asook op ons Wiki-bladsy by http://wiki.erepublik.com/index.php/South_African_Party. Op die Wiki sal jy ook meer inligting oor ons geskiedenis en beginsels kry. Laastens het ons 'n Organisasie geskep om die party se finansies, koerant en besigheids-ondernemings te hanteer. Jy kan die profiel by http://www.erepublik.com/en/organization/1399711 besigtig.

Ons is altyd op soek na aktiewe burgers wat eSuid-Afrika wil help verbeter. As dit jy is, is jy welkom om sommer vandag nog by die South African Party aan te sluit.