[Afrikaans] Hoekom skaam wees?

Day 1,568, 17:37 Published in Brazil Israel by CreepyRazor


Die Afrikaanse Taal Monument.
Ek was al daar. Tog is dit nie my taal nie. Dis my vrou se taal, my skoolmaats se taal. As kind was ek die soutie in n afrikaanse skool. Sink or swim was die idee. Blah blah blah.

Een ding wat ek van Afrikaners oplet; dit is asof julle skaam is vir julle taal.
Tot onlangs was die enigste afrikaans hier rond die odd woord wat insluip erens. Soms die verdwaalde sing op IRC.

Hou op skaam wees vir die donnerse taal. Ek sien dit RL ook. Afrikaanse aksent wat jy met n mes kan sny, maar "I'm sorrrrrry sirrrr, i dont spik dat langwich"

Dis n great taal.
Jy kan vloek in hom soos in geen ander.
Jy kan sing in hom
Dig in hom
Bid in hom.

Hoekom skaam wees vir een van die mooiste tale in die wereld?





English Version:

Afrikaans is a cool language. It has it's own monument.