Wat is aan die gebeur?

Day 1,044, 12:25 Published in South Africa South Africa by Rexdeus
Haai daar Afrikaners !!

Dinge aan die gebeur -
-Ons nader die verkiessing van ons Kandidaat vir Presidentskap, op wie se skouers dit sal val om ons vryheid kreet voort te dra. Kom gesels en bly op hoogte op die eSA forums (http://new.erepubliksa.com/index.php )
-eSAAF is in die proses om weer in aksie te spring, kom sluit aan by die weerstand's weermag op die forums en maak 'n verskil op die nuwe oorlog module, mos makliker om saam te veg as alleen !!

Nou op die ligter kant !!

Om toetsrugby te kyk is dieselfde as om wildtuin toe te gaan: Jy eet lekker biltong, drink lekker bier en kyk hoe k*k die bokke!

'n Man is soos 'n selfoon, het jy hom, is hy lastig. Soek jy hom, Lê hy iewers. Het jy hom nodig, is hy altyd pap

'n Vrou is soos 'n screensaver... Die prentjie verander onmiddelik as jy aan die muis vat!

Dronk katoliek sit in biegkas (confession). Na 'n baie lang stilte klop die priester om sy aandag te trek.
"Jy klop verniet!," skree dronkie terug. "hier is ook nie kakpapier nie!"

Sex is soos 'n payslip. Mens praat nie rerig daaroor nie, want dalk kry die ander ou meer as jy!!


Die skilpadjie sukkel sy bas af om in die boom te klim, na ure se gesukkel is hy uiteindelik bo, en op n takkie.
Hy spring af en vladder die ou pootjies dat dit klap.
Poef, val hy op die grond!
Ewe gedwee staan hy op en begin weer die boom uitklim.
Weer vladder hy die ou pootjies dat dit klap!
...Poef, val hy weereens op die grond!
2 voeltjies wat daar naby op n takkie sit, het nou al vir ure die gedoente sit en bekyk.
Die wyfie voeltjie stamp aan haar mannetjie en se: My lief, dink jy nie dis tyd dat ons hom moet se dat hy aangeneem is nie?

For the English speaking out there !!
Come join us in the forums and participate in the future of eSA, make a difference and participate in the discussions.

I am not going to attempt to translate the jokes, but you are free to do so. This writings is not to exclude anyone, rather to show "local" pressence in eSA. So vote if you support liberation of eSA, even if you do not understand "die taal".



Dit sal dan al wees ouens

Rex



Stupid link:
http://www.proprofs.com/quiz-school/personality/quizshow.php?title=how-afraid-clowns-are-you&quesnum=1